top of page

Verkenner Spankamp en Spyseniering, 5-6 Oktober 2024

Verkenners van 2024 het heerlik saam gekuier by Diamante vakansieoord en natuurlik... kos gemaak, gekuier en ge-eet!!

Geluk aan die Eerste plek wenners!!

Genl Hertzog Braaimeesters neem deel aan die Skud-jou-vleis braai kompitisie ten bate van President Kruger Kinderhuis en wen sommer die eerste plek!! 

Die Graad 5 Arende Spankamp

Genl Hertzog se Gr 5 Arende hou heerlike spankamp by hulle offisier Anja se huis van 13-14 September.

Hulle doen Handvaardighede, Kampeerder en die laaste vereistes van Moederaarde spesialisasies. Wel gedaan julle!!

Voorslagkamp
6-8 September 2024

Geluk aan al die Hasies en Jagluiperde wat Die Voorslagkamp suksesvol bygewoon het.

Graad 6 Flaminke en Leeus

Werk hard aan hulle Moederaarde Spesialisasie!

Kommando Verjaarsdag

20 Mei 2024

Ons vier die Kommando se verjaarsdag met seremonie, lekker sop en brood en saam kuier.

Graad 3 Rooikatte Spesialisasiedag

Die Graad 3 Rooikatte werk hard en handel sommer 'n klompie spesialisasies af!
Welgedaan!

Gesamentlike Byeenkoms 18 Maart 2024

Ons sluit die kwartaal af op 'n gepasde wyse! 
Seremonie aangebied deur die Graad 7 Hasies en Jagluiperde, Zellie die Zebra Bergenbos se gelukbringer kom besoek ons en natuurlik kry elkeen 'n heerlike roomys om die stembande af te koel vir lekker saamsing!

Afskop 2024!

2024 is aan die gang! Genl Hertzog Voortrekkers het op 'n toepaslike Voortrekker manier die jaar begin met lekker speletjies en natuurlike Waatlemoene. Nou is ons gereed vir die res van 2024.

Geluk aan ons Presteerders 2023!

Graad 7 Buffels verwerf Voorslag. Baie geluk aan Catryn Coetzee, Jamie Bezuidenhout, Zoe Janse van Nieuwenhuizen en Francois Durand.

Graad 12 Christiaan Coetzee voltooi Presidents Verkenner suksesvol!

Jakaranda Wedloop in die Moot
11 November 2023

Genl Hertzog Offisiere en verkenners deel water uit by die Jakaranda City Challenge wedloop in die Moot!

Wat 'n pret oggend!

404562227_10160166362134302_8600145921117577042_n.jpg

Kommandokamp 2023
28-29 Oktober 2023

Genl Hertzog Voortrekkers het heerlik gekamp by Die Voortrekker Monument!

Baie lekker leer en speel naweek!

IMG-20231030-WA0070.jpg

Hertzog straat Skoonmaak
29 Julie 2023

Genl Hertzog Voortrekkers het op 29 Julie ons naamgenoot, Hertzog straat, aangeneem en skoongemaak.

Lekker kuier-kuier gewerk. Dankie aan elkeen wat kom help het. Hertzog straat lyk nou sommer weer spoggerig!

Spur-aand
20 Julie 2023

Dankie vir elkeen se ondersteuning by ons Spur aand by Denver Spur in Jakaranda Sentrum op 20 Julie 2023.

Dit was 'n suksesvolle aand!

65ste Verjaarsdag

Ons het lekker partytjie gehou op 22 Mei 2023 vir Genl Hertzog Voortrekkers se 65ste Verjaarsdag.

Seremonie, met liggies speel en daarna heerlike sop en broodjies... natuurlik met koek vir nagereg!

  • Facebook
  • Instagram
  • Voriemol
bottom of page